Theodosius I | |
---|---|
Keiser van die Romeinse Ryk | |
Theodosius I.
| |
Regeer | 19 Januarie 379 – 15 Mei 392 15 Mei 392 – 17 Januarie 395 (vir 15 jare en 363 dae) |
Volle naam | Flavius Theodosius Augustus |
Gebore | 11 Januarie 347; Cauca of Italica, Spanje |
Oorlede | 17 Januarie 395; Milaan, Italië (op 48) |
Begrawe | Konstantinopel |
Voorganger | Valens Gratian Valentinian II |
Opvolger | Arcadius en Honorius |
Adellike huis | Theodosius-dinastie |
Vader | Theodosius die ouere |
Moeder | Thermantia |
Eggenote | Aelia Flaccilla Galla |
Kinders | Arcadius Honorius Pulcheria Galla Placidia |
Theodosius (11 Januarie 347 – 17 Januarie 395), ook bekend as Theodosius I of Theodosius die Grote (Grieks: Θεοδόσιος of Θεοδόσιος ο Μέγας), was van 379 tot 395 keiser van die Romeinse Ryk. Hy het die oostelike en die westelike deel van die ryk herenig en was die laaste heerser van albei dele. Ná sy dood is die twee dele permanent verdeel tussen sy twee seuns, Arcadius en Honorius.